Sport

Valia kraai weer koning

Gholfspelers ryg titels in

VANDERBIJLPARK – Sewe titels in nege jaar. Dit is die indrukwekkende rekord waarmee die HS Transvalia spog nadat sy gholfspanne vir die sewende keer in nege jaar as die Vaaldriehoek Hoërskole gholfliga-kampioen gekroon is.

Valia het voorts vir die sewende keer tot die eindronde van die Noordvaalkompetisie deurgedring terwyl Janko Vrey, Wihandre Kruger, Markus Maree en Jean Paul van Dyk die Vaaldriehoekspan gehaal het wat vandeesmaand in Durban aan die SA Hoërskole Nasionale Toernooi gaan deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button