Local newsNewsNews

Vaaldriehoekse bruide kan inskryf

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou, of reeds die knoop deurgehak het, om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy dus reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn.

Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Al die inskrywings kan op Vaalweekblad se webtuiste onder die “Brides-skakel” besigtig word.

Armand en Dreschelda Coetzee van Meyerton is op 20 April getroud.
Ricardo en Juanita Falch van Vanderbijlpark is op 21 September getroud.
Meagan en Andries Stephanus de Ridder van Sasolburg is op 6 April getroud.

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button