Local newsNewsNews

Kunsuitstalling langs die Vaalrivier

Van beeldhouwerk tot konseptuele kuns, kom geniet vier kunstenaars se uiteenlopende werke langs die Vaalrivier.

VAALPARK – Kunsliefhebbers dagboek 12 en 13 Oktober. ‘n Uitsonderlike kunsuitstalling vind plaas by The Venue on Vaal in Minnaarstraat.

Gevierde kunstenaars Mark L. Swart en Mark Shaun Hopkins keer terug na hul Vaaldriehoek wortels om hulle werke ten toon te stel, terwyl die Johannesburggebaseerde kunstenaar Elli Wahl se werke ook uitgestal sal word.

Die geleentheid dien ook ter ondersteuning van Lara Pienaar se debuut uitstalling.

Toegang tot die uitstalling is gratis en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kunsliefhebbers word ook genooi om hul eie piekniekmandjies saam te bring en ‘n dag langs die rivier omring deur beelde, skilderye, en goeie geselskap te geniet.

Die geleentheid begin om 10 uur die oggend met die klem op Mark L. Swart se beelde en Lara Pienaar se houtskooltekeninge, aangevul deur die omstrede konseptuele kuns van Mark Shaun Hopkins en die pragtige skilderye van Elli Wahl.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button