Local newsNewsNews

Wat gebeur met CW1, 2 en 3 se krag?

CW1, CW2 en CW3 - beurtlading kan tot Donderdag voortduur.

VANDERBIJLPARK – Nadat die CW-areas vir twee weke en meer sonder krag was weens die groot brand by Dorp Substasie het die krag weer gegroet op Saterdag, 21 September.

CW1, CW2, CW3 en ʼn gedeelte van CW6 het in die middel van die Curriebeker finaal sonder krag gesit. Teen Sondagoggend het die krag sporadies aangekom. Afgegaan. Aangekom. Afgegaan.

Teen Sondagaand het gerugte van load reduction die rondtes begin doen. Die CW1 area was byvoorbeeld Maandag vroeg oggend vir ʼn ruk af en toe weer vir vier ure die middag en weer die aand.

Nadat Vaalweekblad navrae gerig het Maandagaand, 23 September het mnr Chuchi Radebe, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder gesê dat daar gevind is dat die Town North kontrolekamer breaker lae stellings het.

Die verkeerde stellings het blykbaar tydens die groot herstelproses na die brand plaasgevind. Dit veroorsaak dat die krag bly uitskop.

Om die probleem hok te slaan, is daar toe met die load reduction (lading vermindering) op ʼn rotasie basis begin op 23 September.

Intussen werk die tegnici daaraan om die stellings op die problematiese breaker stelselmatig te vermeerder.

Die slegte nuus is dat CW1, CW2 en CW3 ten minste tot Donderdag, 26 September beurtlading van vier ure op ʼn slag sal ervaar.

Die presiese skedule van wie wanneer dit gaan kry is nie bekend nie.

Volgens Radebe sal die krag in die areas vanaf 08:00 tot 20:00 vir vier ure op ʼn slag op ʼn rotasie basis af wees.

Daar word ʼn beroep gedoen dat mense in die areas krag spaarsamig sal gebruik.

Hoe minder krag gebruik word, hoe skraler is die kans dat die krag afgesit sal moet word.

Soos gewoonlik vra die munisipaliteit vir mense se geduld en vra hul verskoning vir enige ongerief.

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button