News

Jongman se rugby- en atletiekdrome in skerwe ná kniebesering

Hy benodig geld vir behandeling en rehabilitasie wat bykans R40 000 beloop.

MEYERTON – Die 15-jarige JJ Kruger se drome om eendag vir die Springbokke uit te draf lê in skerwe nadat hy ‘n ernstige kniebesering opgedoen het.

JJ, ‘n kranige atleet wat ook skrumskakel vir die Hoërskool Dr. Malan se o15 A-span speel, benodig dringend mediese hulp, gevolg deur omvattende rehabilitasie aan sy knie nadat hy ‘n sportbesering opgedoen het.

Indien JJ nie behandeling ontvang nie kan dit tot permanente skade lei en sy droom om eendag ‘n loopbaan in sport te volg ontspoor.

Die koste van behandeling en rehabilitasie beloop R40 000 en ongelukkig kon sy ouers nog nie daarin slaag om die kostes by te bring nie.

JJ se ouers vertel: “Sy besering is nie net ‘n terugslag nie – dit is ‘n wedloop teen tyd. Dit is van die uiterste belang dat JJ deur die Vaaldriehoekse bekende ortopediese chirurg dokter Ferdinand Hartzenberg by die Cormed Hospitaal in Vanderbijlpark geopereer word. Daarsonder sal hy nie na die atletiekbaan kan terugkeer nie.”

Volgens sy ouers het JJ van ‘n vroeë ouderdom af reeds uitsonderlike sporttalent en vasberadenheid op die rugbyveld en op die atletiekbaan getoon.

JJ speel al rugby sedert graad R en sy uitsonderlike spelpeil as skrumskakel het al gesorg dat hy vir die Bokkieweek en Rhinoweek gekies is.

Sy span en afrigters ken hom as ‘n leier en ‘n vegter, iemand wat nooit op sy drome opgee Die 15-jarige JJ Kruger nie.

‘n Fondsinsamelingskonsert word op 12 Oktober vir JJ by Braaiwagon Restaurant in Drie Riviere gehou.

Besoek die skakel indien jy belangstel om by te dra tot JJ se fonds.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button