MEYERTON – Daar was vuurwarm netbal aksie op Destinataskool se bane toe 21 netbalspanne dit op 30 Augustus teen mekaar uitgespook het tydens ‘n netbal-pretdag.
Dit sluit junior spanne (tussen 10 en 13 jaar), o25 vroue, vroue bo 25 en gemengde spanne in.
Volgens Danelle Dreyer, ‘n plaaslike sakevrou en organiseerder van die toernooi, is die toernooi ten bate van Destinataskool gehou.
Daar was ook pryse vir die besgeklede span en die span met die meeste gees.
Bomb Squad het in die afdeling vir gemengde spanne gewen, terwyl Vereeniging Netbalklub die damesafdeling gewen het en Besige Bytjies die junior-afdeling.