Local newsNewsNews

Fees se hartklop sal vir lank weerklink

Laerskool Vryheidsmonument se Hartklopfees was 'n groot pret fees.

VEREENIGING – Die naweek van 6-8 September sal nog lank onthou word vir die Hartklopfees by die Laerskool Vryheidsmonument.

Kuier en kamp by die Harklopfees. Chrissie Erasmus, Marisa Frisby, Mariska Jooste, Mike Jooste, Natasha Cloete en Dawie Scholtz.

Die lekkerte het Vrydag al begin en eers Sondagoggend met lofprysing en aanbidding saam met Mirandi tot rus gekom.

Deur die loop van die naweek het verskeie kunstenaars, onder andere Pieter Smith, Ricus Nel, Gerhard Steyn en Kurt Darren opgetree.

Juandré de Bruyn het die kaskarrit geniet.

Speletjies en kompetisies was daar baie en die kleingoed het hul Saterdagoggend gate uit geniet in die kaskarwedrenne. Die ritte by die pretpark het ook almal aan die gil gehad.

Wat is nou lekkerder? Kayden van den Berg en Ivan van Heerden het alles vanuit die hoogte beskou.

Geen fees sou volledig wees sonder kos nie en daarvan was daar meer as genoeg, van boereworsrolle tot melkkos en kerrie en rys.

Drie geslagte en naamgenote kamp saam by die Hartklopfees. Dawn (dogter) en Johan van Zyl, Dawn van Rooyen (ouma van Port Edward), Dawn Grobbelaar (kleindogter) en Vanessa van Onselen.

Die jongspan het veral die gesigverfstalletjie geniet, terwyl oud en jonk die kans aangegryp het om airbrush tattoos te kry.

Estelle Myburgh gebruik ‘n airbrush om ‘n tattoo op Ashley Taylor se arm te spuit.

Van die gesinne het karavane op die veld getrek en daar is heerlik gekuier en gekamp met goeie uitsigte oor al die bedrywighede by die fees.

Check Also
Close
Back to top button