Sport

Kragbote brul weer op Vaalrivier

Keagan Frankiewicz wys weer sy staal

VAALPARK – Keagan Frankiewicz het einde Augustus op die Vaalrivier die eerste ronde van die 2024/25 F1 Kragboot Kampioenskap by Abrahamsrust gewen.

Oud en jonk het op die oewer van die Vaalrivier saamgedrom om die brullende aksie op die water dop te hou.

Van GT15, F30 tot hardbottoms was in aksie. Dan nie eers gepraat van die groot menere, die F1-kragbote, wat op die water verbygeflits het nie. In die F1-afdeling het Keagan Frankiewicz koning gekraai gevolg deur Michael Wessels en Wynand de Jager.

Michael Wessels laat wiel met sy F1-boot.
Die groot kanonne gee mekaar opdraende.
Keagan Frankiewicz jaag verby ‘n teenstander met sy geel gevaarte.
Een van die F30-jaers in aksie
Keagan Frankiewicz, wys die manne wie is baas.
Soos ‘n vetgesmeerde blits laat spandeer een van die F1-bote.
Duane Botha se boot word in die water gesit.

Check Also
Close
Back to top button