VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfiersryer is Saterdagmiddag in ‘n ongeluk voor die ingang van die Vaal Mall beseer.
Die botsing tussen ‘n motorvoertuig en ‘n motorfiets het voor 15:00 in Barrageweg (R42), by die ingang van die Vaal Mall (by KFC en McDonalds) gebeur.
Die polisie en nooddienste is op die toneel.
Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy.