AdvertorialBusinessNewsSponsored

Jaco Hill Prokureurs word mondig!

Hierdie damespan kan definitief hul man staan!

Jaco Hill is al by die 37 jaar bekend as ‘n kookwater prokureur en aktevervaardiger. En vanjaar is daar rede vir ‘n groot fees: Sy en haar personeel vier haar onderneming se 21ste bestaansjaar!

Jaco is in 1987 toegelaat as prokureur en aktevervaardiger en was jare lank verbonde aan Rooth & Wessels Prokureurs in Vanderbijlpark. Op 1 Maart 2003 het sy besluit om haar eie praktyk oop te maak. Prokureur Piet Voges was van 2006 tot met sy aftrede in 2012 haar vennoot en die praktyk het as Jaco HIll & Piet Voges Prokureurs bekendgestaan. Na Piet se aftrede is die naam terugverander na Jaco Hill Attorneys, Conveyancers & Estate Planning.

“Baie water het in die afgelope 21 jaar in die see geloop. Ons het saam met ander Vaaldriehoekse besighede die afleggings by Mittal oorleef, Marietjie se (Krion)mannewales, hoë rentekoerse, sowel as ander terugslae soos Covid 19, wat tot gevolg gehad het dat ons geliefdes aan die dood moes afstaan.

“Ons is baie dankbaar vir die jarelange lojaliteit en ondersteuning van Vaaldriehoekers, sonder wie ons dit nooit tot by ‘volwassenheid’ sou kon maak nie,” sê Jaco.

Haar praktyk spesialiseer hoofsaaklik in eiendomstransaksies, boedelbeplanning, testamente en die bereddering van boedels.

“Ek en Michelle Roux hanteer die eiendomsafdeling, en in 2021 het Hanri Roos by ons aangesluit. Sy hanteer die opstel van testamente, boedelbeplanning en die  bestorwe boedelpraktyk. Sedert 2021 het ons boedelpraktyk onder Hanri se bekwame hande baie gegroei. Fran Raubenheimer is die hoof van ons administratiewe afdeling en is ook in beheer van ons tradisionele 10:00-teetydverrassings.”

“Ons is ‘n damespan wat definitief ons man kan staan. Tydens die Covid-tydperk het ons net op afsprake gewerk maar sedertdien is ons weer terug op ons oopdeur-beleid. Die publiek is welkom om te kom aanklop vir advies oor ‘n eiendomstransaksie of boedelaangeleenthede,” nooi sy.

Kontak die span gerus by 016 932 2598 of 068 296 8551, of kom loer in by die praktyk in Rossini Boulevard 5, Vanderbijlpark.

Jaco Hills (tweede van links) en haar span: Fran Raubenheimer, Hanri Roos en Michelle Roux.

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button