Local newsNewsNews

Singhita bekoor by nasionale model kompetisie

Sy is onlangs aangewys as Beautiful Fresh Face 2024.

MEYERTON – Singhita Pretorius ‘n graad 10 leerder aan die Leeuwenhof Akademie is Saterdag, 22 Augustus gekroon as Beautiful Fresh Face 2024.

Die titel was deel van die grootste modelkompetisie in Suid-Afrika, Opulent Modelkompetisie.

Foto: Madeleine van Mads photography

“Ek het ingeskryf vir die ondervinding. Net om ‘n finalis te wees en by die gala-aand in ontwerpersklere te kon paradeer was vir my genoeg. Ek het nie verwag om te wen nie,” vertel sy.

Singhita het in 2021 met modelwerk begin toe sy onder andere genooi is om aan die International Model & Talent Association (IMTA) in New York te gaan deelneem.

Hier het sy alles gedoen van modelwerk en drama tot by dans en sing. In 2023 is sy as die Central Southern Africa Pageant se Miss Teen gekroon.

Naas haar modelwerk is Singhita ook ‘n talentvolle sangeres wat haar eie liedjies skryf.

Alhoewel sy die modelwerk geniet, is sy vasbeslote om na skool tandheelkunde te studeer.

Back to top button