AdvertorialBusinessNewsSponsored

Sjarmante oudmodel dien Vaal nou in regsberoep

Dié dinamiese raakvatter se slagspreuk is nie verniet “For the service you deserve” nie want sy glo sterk dat elke kliënt net die beste en vinnigste diens verdien.

Met haar uitsonderlike elegansie en styl het Minette (Foord) Steyn in haar jonger jare verskeie model- en skoonheidstitels ingepalm. Haar liefde vir die regsberoep het egter geseëvier en vandag is dié sprankelvrou eienaar van haar eie regspraktyk: Steyn Attorney and Conveyancer Inc.

Minette het ‘n BCom (Regte) en LLB-graad agter haar naam en werk al van die begin van haar studies in 2013 in die regsveld. Sy is in 2019 toegelaat as prokureur en is ook ‘n aktevervaardiger. Dié dinamiese raakvatter se slagspreuk is nie verniet “For the service you deserve” nie want sy glo sterk dat elke kliënt net die beste en vinnigste diens verdien.

Haar dienste sluit onder meer die oordrag van eiendomme, onderverdelings, verkoop van aandele, trustregistrasies, testamente en boedels, hersoneringsendossemente, kommersiële kontrakte en konsolidasies in.

“Elke kliënt werk met my direk en het toegang tot my privaatnommer. Ek gebruik ook ‘runners’ by die munisipaliteite om die proses vinniger te maak,” sê sy.

In haar vrye tyd lees sy graag fiksie, doen naaldwerk of stap in die natuur met haar honde.

Adres: The Hive Office Park, Kantoor D6, Barragepad 42, Stephanopark, Vanderbijlpark. Tel: 081 348 1330.

Mev. Minette (Foord) Steyn 

 

Back to top button