Local newsNewsNews

Wen! Kaartjies vir Ouma is Op Pad

Klik op die skakel en vind uit hoe jy een van drie dubbelkaartjies na 8 September se Ouma is Op Pad by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg kan wen.

SASOLBURG – Margit Meyer-Rödenbeck is Sondag, 8 September te sien as Ouma in Ouma is Op Pad by die Etienne Rouseau Teater.

Kyk, dié ouma is nie die stil, rustige, sit op die stoep en brei ʼn kombersie tipe nie.

Nee, sy is oorspronklik van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou.

In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer.

Staan ‘n kans om een van drie te wees wat twee dubbelkaartjies vir die vertoning wen.

Antwoord die vraag, van watter dorp kom Ouma oorspronklik? Stuur jou antwoord, naam en selfoonnommer na gerda@mooivaal.co.za.

Die vertoning begin om 15:00 en kaartjies is te koop by www.ertickets.com.

 

Back to top button