VANDERBIJLPARK. – Die Young Guns van NWU Vaal het verlede Saterdag op sy tuisveld in die halfeindronde van die Valke Peregrine-liga ‘n verbete aanslag van Springs afgeweer om met 19-13 koning te kraai. Die studentespan se o21’s kom eerskomende Saterdag in Brakpan teen Brakpan te staan.