Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Wat doen ‘n joernalis?

Weet Fonteine Primêr in Sasolburg se graad 1 – 3’s wat doen ‘n joernalis? Gerda Bruinette het met die jongelinge gaan gesels... 

Kayla Smit Dis ‘n dokter. ‘n Breindokter. Hulle is slim mense. Ek gaan ‘n kardioloog word. Dis ‘n hartdokter. Hulle luister na mense se harte as hul harte nie lekker voel nie.

Kayla Smit

Joané van der Merwe Ek het nog nooit van die ding gehoor nie. Dis seker mense wat met gas en goed werk. Joernaliste doen gevaarlike werk.

Joané van der Merwe

Meine Volschenk Hulle werk in ‘n winkelplek en verkoop klere of in ‘n plek waar hul banke en kaste verkoop. Dis waar my pa werk. Hy is ‘n joernalis.

Meine Voschenk

Kranauw Prinsloo ‘n Joernalis maak mense beter. Dis ‘n dokter wat op mense, honde en katte kan werk.

Kranauw Prinsloo

Norman McLean Joernaliste werk. Hulle vrae vra, soos wat is jou gunsteling kleur? Dan sê jy blou en jy is klaar en hulle hou die antwoorde vir hulself. Hulle is baie nuuskierig.

Norman McLean

Zuhan Nel Dalk is dit iets met ‘n prefek te doen. Hier is prefekte by die skool. Joernalis help mense as hul siek is. Amper soos ‘n dokter, maar nie heeltemal ‘n dokter nie.

Zuhan Nel

Check Also
Close
Back to top button