Local newsNewsNewsSport

Goeie oes vir J’s Aqua se seniors

Goeie resultate vir Vaal se swemmers

VANDERBIJLPARK – Die senior span van J’s Aqua het 17 en 18 Augustus aan die EGA Senior Winterkampioenskap deelgeneem wat by St Benedict in Bedfordview gehou is.

Die seuns was derde uit 13 klubs en die meisies vyfde. Junita le Riche sê sy is baie trots op die seniors wat almal hul onderskeie items se finale behaal het.

“Die meeste swemmers het nuwe persoonlike beste tye behaal en daar is ook vlak en nasionale tye geswem.”

Die span het 13 goud, nege silwer en nege brons medaljes verower. Die juniorspan neem einde Augustus aan die Junior Winterkampioenskappe deel.

Back to top button