Local newsNewsNews

Groot verrassing vir Harry en Déjà Vu

Dis Alternatiewe Afrikaanse Rock op sy beste, en dit het hul 'n Afri-Indie Toekening besorg. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Deja Vu ‘n alternatiewe Afrikaanse rock groep het die Afri-Indie Toekenning vir Beste Rock Enkelsnit vir Rof ontvang.

“Dit was ‘n groot verrassing,” sê Harry Broersma die groep se hoofsanger en liedjieskrywer.

“Die toekenning is nie net Deja Vu sin nie, dis almal wat na ons musiek luister sin.”

Dit was die eerste keer wat hulle die Afri-Indie Toekenningsaand bygewoon het, en Harry sê dit was ‘n uitsonderlike aand.

“Ek is trots op die Vaaldriehoek. Heelwat van die Vaal se kunstenaars het toekennings gekry.”

Hy het dit ook geniet om weer kopstukke saam met Loufi te gesels en idees met die manne van Droomsindroom uit te ruil. “

Dis goed dat onafhanklike kunstenaars mekaar ondersteun. Dis moeilik daar buite, maar ons gaan nie opgee nie.

“Dis nogal vreemd, maar tans doen ons jongste enkelsnit, Medikasie beter in Duitsland as in SuidAfrika,” beduie Harry.

Deja Vu werk reeds aan hul volgende vrystellings en video. Hulle is 30 Augustus saam met Spoegwolf by Die Veiling in Vanderbijlpark te sien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button