News

Joernaliste van MooiVaal vereer

Joernaliste van MooiVaal media het goed gevaar by vanjaar se AVBOB FCJ Excellence Awards.

Die storie het eerste in die gedrukte weegawe van Vaalweekblad (9 – 15 Augustus) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

SANDTON. – Verslaggewers van MooiVaal Media is Vrydagaand 2 Augustus tydens die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) se toekenningsaand by die Sandton Hotel vereer vir hul werk.

Die AVBOB FCJ Excellence Awards staan onder plaaslike joernaliste as die ‘Oscars van Gemeenskapsjoernalistiek’ bekend.

Elsje Vermeulen, Ettienne van Rensburg en Christiaan Cloete was al drie vanjaar finaliste in verskeie kategorieë.

Die finaliste is beoordeel op werk wat hulle verlede jaar (2023) gelewer het.

Die FCJ het vanjaar meer as 530 inskrywings van gemeenskapsjoernaliste van regoor die land ontvang.

* Ettienne van Rensburg, Vaalwekblad se sportredakteur en redakteur van Ster South, het ‘n tweede plek in die afdeling Nuusfotografie, ‘n derde plek in die afdeling Sportfotografie en ‘n tweede plek in die afdeling Fotograaf van die Jaar behaal.

Hy het ook ‘n tweede plek in die afdeling Skryfwerk: Sport ontvang.

* Christiaan Cloete, verslaggewer van Vaalweekblad en redakteur van Ster North, het ‘n derde plek in die afdeling Digitale Verslaggewing en ‘n derde plek in die afdeling vir Ondersoekende Joernalistiek behaal.

* Liezl Scheepers, redakteur van Parys Gazette (Vaalweekblad se susterskoerant) en deel van MooiVaal Media, het ‘n derde plek in die afdeling Opskrifte behaal.

* Wouter Pienaar, ‘n voormalige joernalis by Potchefstroom Herald, het tweede plek in die afdeling Skryf: Human Interest behaal.

Ettienne van Rensburg, wat ‘n tweede plek in die afdeling Fotograaf van die Jaar behaal het, ontvang ‘n toekenning by Avbob se uitvoerende hoof, Carl van der Riet. Foto: Christiaan Cloete

Back to top button