SportSportSportSport

Blits-byeenkoms om die draai

Kom slyp vir die opkomende atletiek-seisoen

VANDERBIJLPARK. – Die atletiek-seisoen is stadig maar seker besig om nader te kruip en elke geleentheid om voor te berei word met albei hande aangegryp.

Op Woensdag 28 Augustus bied die HS Driehoek om 15:00 ‘n blitsbyeenkoms vir o/9, o/11, o/13, o/15 en o/19-atlete aan. Die veld-items waarvoor daar voorsiening gemaak word, is: Hoogspring, hamergooi, gewigstoot, verspring, diskus en spiesgooi. Op die van kan daar vir die 2000m, 60m, 600m, 150m en 300m ingeskryf word.

Geen vooraf inskrywings word vereis nie.

Back to top button