Local newsNewsNews

Man word wakker om te vind hy is verlam

VANDERBIJLPARK - Emil Krügel (49), 'n pa van drie, het verlede Sondagoggend omstreeks 03:00 wakker geword met die skok dat hy van sy skouers tot tone verlam is.

Emil het die vorige dag saam met sy twee seuns gaan gholf speel in Vereeniging en geen onraad vermoed nie.

Dit was dus ‘n groot skok dat hy skielik die volgende dag moes vind dat hy verlam was!

Emil se toestand het verder deur die loop van die vroeë oggendure versleg en hy het erge pyn begin ervaar.

Hy is in Mediclinic Emfuleni, Vanderbijlpark opgeneem en is intussen met ‘n seldsame siekte (Guillain Barre Syndrome) gediagnoseer.

Die behaldeling is perperduur en beloop R25 000 per dag. Die gesin se mediese fonds is reeds uitgeput.

Die gesin pleit nou by die gemeenskap vir finansiële ondersteuning om hul geliefde pa se lewe te help red.

“Ons sal enige bydrae opreg waardeer. Elke R20 sal help om ‘n verskil te maak,” sê Chris (26), Emil se oudste seun.

‘n BackaBuddy profiel is vir die doel geskep.

Lees meer oor die aanloop van gebeure, die sindroom en behandeling en opdatering oor Emil se vordering in Donderdag se gedrukte Vaalweekblad (8 – 15 Augustus).

Klik op BackaBuddy om na die blad te gaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button