AdvertorialBusinessNewsSponsored

Tomahawk Borehole Drilling: Leiers in die boorbedryf

Spesiale aanbod op boorwerk en voering - geldig tot 31 Julie 2024

 

‘n Professioneel gesinkte boorgat verskaf betroubare, bekostigbare en skoon water in ‘n tyd wanneer nie alle plaaslike owerhede dit kan waarborg nie. Nog ’n voordeel is dat dit jou geld sal spaar en waarde tot jou eiendom sal toevoeg.

Tomahawk Borehole Drilling is ‘n bekende boormaatskappy, gebaseer in Meyerton. Met dekades se werkservaring op dié gebied is hulle kundiges wat spesialiseer in boorgat-boordienste in die Vaaldriehoek, Heidelberg, Nigel, Springs, Eloff, Balfour en alle ander areas binne ‘n radius van 120 km. Tomahawk Borehole Drilling bied kostedoeltreffende dienste en ‘n supervinnige afhandelingstyd aan.
“Ons streef na absolute kliënttevredenheid en is trots op die kwaliteit van ons werk,” sê Ludwig Bodemer, eienaar-bestuurder van Tomahawk. “Die Tomahawk Borehole Drilling-span is hier om ons kliënte deurlopend met uitnemendheid, passie en professionaliteit by te staan.” Danksy sy pa Hans, wat Bodemer Boorwerke in 1983 gestig het, het Ludwig van jongs af ervaring in die boorbedryf bekom.

Tomahawk se werk is nie beperk tot residensiële areas nie. Hulle lewer ook dienste aan kliënte in die kommersiële, landbou-, mynbou- en nywerheidsektore.

“Selfs in die droë seisoen is baie mense steeds lief vir tuinmaak, en swembaddens moet opgevul word, maar ons weet hoe duur munisipale water is. As jy belê in ‘n boorgat, hoef jy nooit weer bekommerd te wees oor jou waterrekening nie en jy sal dwarsdeur die jaar ‘n pragtige tuin kan he,” sê Geraldine Bodemer, bemarkingsbestuurder van Tomahawk Borehole Drilling.

Tomahawk Borehole Drilling se dienste sluit in:
• Wetenskaplike plekaanwysing met geologiese toerusting
• Waterboorgat-boorwerk
• Geotegniese boorwerk
• Boorgatonderhoud en herstelwerk
• Monitor boorwerk
• Boorgat lewering/liter-per-uur-toets
• Terreinbeplanning
• Volledige pompinstallasies
• Water-kwaliteittoets deur SANAS-geakkrediteerde laboratorium.
• Installering van filtrasiestelsels

Vir meer inligting, kontak gerus vir Ludwig by 083 278 9027, bemarkingsbestuurder Geraldine Bodemer by 073 353 8239, of die kantoor by 083 461 7751.
Tomahawk Borehole Drilling is op Facebook en kan ook aanlyn besoek word by www.tomahawkboreholedrilling.co.za

Lees gerus in www.tomahawkboreholedrilling.co.za onder “Testimonials” wat tevrede kliënte op Google Reviews sê oor Tomahawk se uitmuntende diens!

Tomahawk Borehole Drilling in aksie.

Spesiale aanbod op boorwerk en voering – geldig tot 31 Julie 2024. Vind meer uit by Ludwig Bodemer by 083 278 9027, bemarkingsbestuurder Geraldine Bodemer by 073 353 8239, of die kantoor by 083 461 7751.

Back to top button