SportSportSportSport

Groot eer vir Valia-gholfspelers

Valia se viermanskap is gereed om gholfgeskiedenis te maak

VANDERBIJLPARK. – Dit is ‘n groot prestasie om aan nasionale kwalifiserende toernooie deel te neem. Valia is vir die 6de keer in sewe jaar genooi om aan die nasionale kwalifiserende toernooi deel te neem.

Hy het ook vir die 2de keer in drie jaar daarin geslaag om te kwalifiseer om aan die nasionale hoërskole Top 24 toernooi deel te neem wat vanjaar van 18 tot 23 Julie in Worcester plaasvind.

Dit volg nadat Janko Vrey, Wihandre Kruger, Markus Maree en Jean Paul van Dyk Sondag, 1 Junie op die moeilike Wanderers baan in gure weersomstandighede fantastiese gholf gespeel het.

Hulle het vir St David, ‘n top privaatskool in Johannesburg, met 3 houe gewen. Nou wink die Top 24 toernooi. Valia was uitsonderlik in die vorige toernooi by Humewood in Port Elizabeth en het met hul 7de plek opgeskuif na die amptelike 7de posisie op die nasionale hoërskoleranglys vir 2022 en 2023.

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Check Also
Close
Back to top button