![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/04/438093454_912479334220519_7123061923841864243_n-780x470.jpg)
VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) het Saterdag op Boelapark ‘n rekordoorwinning oor Delmas in die Valke se Presidents Beker behaal.
Die manne van Vereeniging het die besoekers met 108-0 verneder om die grootste oorwinning nog in die klub se bestaan te behaal. Die vorige hoogte telling is deur die legendariese span 1998 aangeteken toe hulle Vanderbijlpark met 105-6 geklop het.