SportSportSportSport

Alan se visier op Olimpiese Spele ingestel

Driehoek-Onnie wys sy staal internasionaal

VANDERBIJLPARK. – As ‘n deeltydse atleet ‘n bronsmedalje by ‘n internasionale byeenkoms kan verwerf, is mens se verbeelding die enigste beperking oor wat hy as ‘n voltydse beroepsatleet kan vermag.

Hierdie is die geluk by die ongeluk vir die 28-jarige Alan Cumming wat pas uit Ghana teruggekeer het waar hy ‘n bronsmedalje in die hamergooi met ‘n gooi van 67.57 m by die 13de All African Games verwerf het. En dit nogal op sy verjaardag.

“Die hitte en humiditeit was iets verskriklik. Ons mag en kon nie tussen 10:00 en 16:00 oefen nie. Die sirkel was nuut oorgedoen, maar het verbrokkel.

Die atleet wat die vinnigste daarby aangepas het, het ‘n voorsprong gehad. Ek het twee goeie gooie gehad wat nie getel het nie. Met die een gooi het my toon net-net oor die lyn gegaan en die ander een was net buite die sektor,” vertel Alan.

Die Egiptenaar Mostafa Mostafa het die byeenkoms oortuigend met ‘n afstand van 73.65 m gewen, gevolg deur Anani Mohsen met ‘n poging van 67.71 m. Alan was skaars ‘n halwe liniaal lengte agter die Tunisiër wat die verskil tussen ‘n brons- en silwermedalje beteken het.

Onder die koeltebome langs sy klaskamer op ‘n sementbankie by die Hoërskool Driehoek praat die voormalige Afrika-kampioen Alan Cumming wat op 21 Maart sy verjaardag met ‘n bronsmedalje by die 13de Afrika Spele in Ghana gevier het. openhartig. Stadig maar seker gaan dit beter elsje vermeulen “Ek moes drastiese veranderinge in my lewe aanbring.

Oefen soos voorheen in die gimnasium is nie nou moontlik nie.” Maar dit gaan stadig maar seker beter met die 35-jarige AJ van der Mescht na sy hartoperasie. Daar lê egter nog ‘n lang pad na herstel voor.

“Wat my baie vang is die feit dat ek nie soos voorheen lekker met my seuntjie kan speel nie. Ek word vinnig uitasem en mag nie te veel stremming op my hart plaas nie,” vertel AJ. AJ het in Vanderbijlpark grootgeword en in 2007 aan die HS Transvalia matrikuleer.

Hy woon tans in Pretoria om nader aan sy seuntjie uit ‘n vorige verhouding te kan wees. AJ se lewe het op 13 Februarie in ‘n oogwink verander toe hy ‘n massiewe hartaanval gehad het. Vir ‘n jong man wat nog altyd in sport uitgeblink het en ‘n persoonlike afrigter van beroep is, was hartprobleme die laaste waaraan hy gedink het.

Om daarna te moes hoor hy het oorerflike hoë cholesterol, was nog ‘n ontnugtering. Die hoë cholesterol het veroorsaak dat vier are in sy hart vernou het, wat tot die hartaanval gelei het. Omdat AJ nog jonk is, het die dokters aanbeveel dat daar vir eers net ‘n stent in een van sy hart-are geplaas word.

“Ek eet gesond, maar moet daagliks meer as agt soorte pille drink. Oor die algemeen voel ek positief oor die toekoms en is oneindig dankbaar vir die tweede kans wat ek in die lewe gekry het,” sê hy. “Ek eet gesond, maar moet daagliks meer as agt soorte pille drink.”

“Borge is maar skaars. Ek het verlede jaar (om deelname punte te verwerf) byna op eie onkoste in Praag gaan deelneem. Mens moet onthou hamergooi is die ander deelnemers se voltydse werk. Ek hou sewe uur van die dag skool. Tussendeur my oefeninge moet ek ander leerlinge ook afrig.

Dit sou ideaal wees as ek vir twee jaar net op hamergooi kon konsentreer. My goue jare is nou tussen 28 en 34,” vertel hy. Hy beklee tans die 38ste plek op die kwalifiserende ranglys en moet 32ste eindig om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer wat in Augustus in Frankryk plaasvind.

Hy spog tans met ‘n gemiddelde punt van 1109 en moet elke byeenkoms van nou af met 5 tot 6 punte verbeter om uiteindelik te kwalifiseer.

Die afsnypunt om te kwalifiseer is Julie. Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap (18 April in Pietermaritzburg) en die Afrika Kampioenskap (Junie in Kameroen) lê darem nog voor. Een van sy hartsbegeertes is om vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) se OPEXondersteuningsprogram te kwalifiseer wat sy lewe aansienlik maklker sal maak. “Mens kwalifiseer outomaties hiervoor as jy vir die finaal van die Olimpiese Spele kwalifiseer.

Ek dink daar is net 10 of 14 atlete wat tans daarvoor kwalifiseer,” vertel hy. * Alan soek tans borge. Enige individu of maatskappy wat hom wil help om sy Olimpiese-droom te bewaarheid, kan hom by 079 608 8326 kontak.

Check Also
Close
Back to top button