![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/04/420291078_1190896815264337_7105077608412809419_n-4-780x470.jpg)
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspanne van die Noordwes-Univesiteit se Vanderbijlpark kampus en die Vereeniging Rugbyklub het hul veldtog in die Valke se Presidentsbeker gister met oorwinnings oor Boksburg en Springs afgeskop.
Vereeniging het hul kragmeting met 66-12 gewen voordat die kragmeting in die 72ste minuut weens weerlig gestaak is. Sweef Potgieter, V-town se nuuste aanwins uit die Oos-Rand, het met vier drieë die manne van Vereeniging se aanslag gelei.
Die NWU Vaal Eagles het Springs met 17-7 geklop om tot die volgende rondte van die reeks deur te dring.