SportSportSportSport

Dillené maak dit drie in ‘n ry

Om vir die derde opeenvolgene jaar in 'n ry as 'n SA-kampioen in enige sport gekroon te word, sal vir meeste sterflinge 'n onbegonne taak wees

VANDERBIJLPARK. – Die 11-jarige Dillené Gouws, ‘n leerling aan die Laerskool DF Malherbe, het by die Suid-Afrikaanse Laerskole Atletiek Kampioenskap, die vere van ‘n padda gepluk toe sy vir die derde opeenvolgende jaar as die gewigstootkampioen in haar ouderdomsgroep aangewys is.

Sy is vanjaar as die o.12-kampioen gekroon nadat sy die bal 11.02 m ver laat neerplons het. Die Vaaldriehoek is trots op haar en gaan haar vordering met ‘n valkoog dophou.

Dillené Gouws is vir die derde jaar in ‘n ry as die SA gewigstootkampioen gekroon.

Check Also
Close
Back to top button