VEREENIGING. – Sowat 2 500 atlete het Sondag 3 Maart douvoordag aangetree vir die Cape Gate Vaal Marathon. Die marathon maak voorsiening vir vyf afstande 5km, 10km, 21.1km, 30km en 42.2km en dien ook as ‘n kwalifiserende marathon vir die Comrades Ultra Marathon.
Met verskeie marathons wat die naweek plaasgevind het, het die inskrywingsgetalle bietjie daar onder gelei maar dit het geen invloed van die gehalte van inskrywings gehad nie.
Die plaaslike reëlingskomitee verdien weer ʼn pluimpie vir ʼn puik marathon wat hulle aangebied het.