EntertainmentSportSportSportSport

Nathan en Meyer laat Gimmies steier

Nie eers 'n moeilike kolfblad kon SHS van stryk af kry nie

SASOLBURG. – ‘n Spogbeurt deur Meyer Pretorius (125 lopies van 111 balle, ) het Saterdag 17 Februarie die Hoërskool Sasolburg se eerste krieketspan tot skittersege met 88 lopies oor Welkom Gimnasium gelei.

Die blad was vol duiwels en SHS was op 21/2 in die knyp voordat Pretorius en Liam Singleton (28) met ʼn vennootskap van 114 lopies om die vierde paaltjie die beurt gestabiliseer het. Singleton het die ankerrol vertolk wat Pretorius in staat gestel het om sy natuurlike houespel te speel om sy span se totaal tot 216 te laat aanskuif.

Welkom Gimmies se top boulers was Donald Schoombie (3/43) en Dean Katzin (3/43). Die Sasolburgers het daarna met Nathan Swanepoel (5/13), Liam Singleton (3/21) en Meyer Pretorius (2/32) aan die spits vir Gimmies tot 128/10 beperk.

Back to top button