SportSportSportSport

Padwedloop datums om te dagboek

Die Vaaldriehoek spog met 'n rits wedlope en marathons wat heelwat belangstelling gaan lok

VANDERBIJLPARK. – Langasems in die Vaaldriehoek kan solank die volgende belangrike datums op hulle kalenders merk. Hierdie wedlope en marathons gaan lekker voorbereiding vir die Twee Oseane en Comrades Ultra Marathon wees.

14 Februarie: Valetyns-wedloop: South East Boulevard Mall in Hendrik van Eck Boulevard. Kontak Malie 082 853 9144

17 Februarie:  Gijima for Life: Old Vaal Tonians, Vanderbijlpark.

3 Maart: Cape Gate Vaal Marathon (42.2km en 21.1km) , Dick Fourie Stadion in Vereeniging. Begintyd 0:600.

21 Maart: Vaal Mall Race (20km en 10km) in Vanderbijlpark. Begintyd 06:00.

23 Maart: Sasol Marathon (42.2km en 21.1km) in Sasoburg by die DP de Villier-stadion. Begintyd 06:00.

11 Mei: NG Kerk Vaalpark Padwedloop (21.1km, 10km en 5km). Begintyd 08:00.

Back to top button