SportSportSportSport

AVT-atlete presteer alweer

Die Vaaldriehoek se atletiekfabriek het die uitslae laat inrol

VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se sending na die Laerskole Sub Jeug Inter Provinsiale Kampioenskap in Secunda was ‘n reusesukses. Daarvan is die Valies se medalje-oes ‘n stille getuienis van die gehalte van atlettiek in die Vaaldriehoek. AVT het sodoende algeheel vierde geëindig.

Die jong naelloper, Dené Prinsloo het die Vaal se aanslag gelei met twee goue medaljes wat sy onderskeidelik in die 100- en 80 m verwerf het. In die gewigstoot het Dillené Gouws, Nathan Calldo en Phetolo Putlane goud verwerf.

Dené Prinsloo
Ruben Kruger

Die atlete wat silwermedaljes verwerf het, is: Wikus Weideman (60- en 80 m), Altus Bester (Turbo Javelin),Ivan Vermeulen (verspring) en Darius Botha (diskus). Die bronsmedaljeontvangers was: Junior Mailula (800- en 1 500 m), Damien McGeer (80 m), Kaspian Rooseboom (hoogspring) en Ruben Kruger (100- en 200 m). Ruben het 1 000 tabelpunte in die 220 m vir seuns o.13 verwerf en boonop in ‘n tyd van 23.06s die SA-rekord saam met Logan Oosthuizen (CGA: 22.96s) en Ehirim Chibunna (CGA: 22.86s) verbeter.

Dillené Gouws

Back to top button