SportSportSportSport

Risiville wen PTA-aandreeks

Krieketgode glimlag vir Risiville

VEREENIGING. – Die Laerskool Risiville se o.13-krieketspan is die 2023-kampioen van die HS Garsfontein se Aandreeks wat vroeër vandeesmaand in die Jakarandastad plaasgevind het.

Die skole wat deelgeneem het, is: die Laerskool Lynwood, Laerskool Garsfontein en Laerskool Constatiapark.

Die Risies het in die eindstryd vir Lynwood in ʼn naelbytstryd geklop om die kroon te dra. Die Vaaldriehoekers het diep gedelf veral as daar in ag geneem word dat Lynwood hul in die eerste rondte van die reeks geklop het.

Die wenspan is:  Caleph Laubscher,  PieterJan Vorster, Nathan Kuhn, Damon Kelly-Gliddon, Luan van Jaarsveldt, Wayden Bouwer,  Cornè Bergh,  Iwan Vermeulen,  Ethan Pieterse,  Rossouw Brits,  Arnè McIntyre en Beon Marias.  Afrigters: Ben Myburgh en Philip Grimsell. Hulpafrigter: Darius Schutte.

Back to top button