SportSportSportSport

Roshnee klop NWU Vaal tuis

Die kolwe het geklap en die paaltjies het die naweek gespat

VANDERBIJLPARK. – Die NWU Vaal het die naweek gemengde welslae op die krieketveld behaal.

Die studente se Prem B span is in sy T20-kragmeting van die Lions Klubliga deur Roshnee met vyf paaltjies geklop. NWU Vaal het eerste gekolf en 164/3 in 20 beurte aangeteken met Donald Dinake wat 114 lopies nie uit nie aangeteken het.

Roshnee was vroeg in die knyp maar het die teiken in die 16de beurt met vyf paaltjies in die bank verbygesteek danksy goeie kolfwerk deur Sajid Jogiat (62 van 36 balle) en Afzal Ravat (34 van 17 balle).

NWU Vaal se President B-span het op sy beurt ʼn gelykop-uitslag teen Wanderers afgedwing. Wanderers het 349/3 opgestapel waarna NWU Vaal 245/9 aangeteken het.

Back to top button