SportSportSport

Junior rugby skitter langs Vaalrivier

Die NWU Vaal se junior rugbyklub is gereed om sy babaskoene uit te skop

VANDERBIJLPARK. – Die NWU Vaal Junior Rugbyklub is nog in sy babaskoene, maar sy tone is gereed om deur die voorste naat te bars.
Dit is Saterdag, 9 September weer bewys toe die Valke sy laaste junior rugbydag van die seisoen vir o.6 tot o.12-spanne by die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus aangebied het.
Volgens Dewald Pieters, voorsitter van die NWU Vaal Junior Rugbyklub, is sy stoutste verwagtinge die laaste twee jaar oortref.

“Die klub het die laaste jaar amper verdubbel. Ons wil elkeen wat die seisoen gehelp en moontlik gemaak het, bedank,” het hy na die suksesvolle rugbydag gesê.

 

 

Back to top button