SportSportSportSport

VRK dra Vaal se vaandel

Daar word duim vasgehou vir die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan wat sy veldtog in die Gold Cup op Saterdag 9 Septeber afskop

VEREENGING. – Na ‘n afwesigheid van vier jaar is die African Community Gold Cup weer terug.

Die onderskeie provinsies se top twee klubs neem aan die kompetisie deel. Die Griffons het een inskrywing en dan is daar die drie ‘wild cards’ wat gekies word om hulle staal in die kompetisie te wys.

Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) en Springs Rugbyklub is die Valke se verteenwoordigers in die kompetisie.

Die 32 spanne ding teen mekaar mee. Daar is Noordelike en Suidelike groep waarin daar deelgeneem word. Die kompetisie word op ʼn uitklopgrondslag soortgelyk aan die FA Beker in Engelse Sokker gespeel. En vind oor vyf naweke plaas.

Van die kwarteindronde af speel die beste spanne van die Noorde en Suide teen mekaar. Die eindstryd is vir 7 Oktober geskeduleer.

Vereeniging kom more teen Raiders by Raiders om 15:00 te staan.

Die Noordelike klub wat aan die kompetisie gaan deelneem , is: Wolverines (Leopards) v White River (Pumas); Northam Rhinos (Limpopo) v Collegians (Cheetahs); Bloemfontein Police (Cheetahs) v Louis Trichardt (Limpopo); Naka Bulle (Blou Bulle) v Union Milnerton (WP – wild card); Springs (Valke) v Pirates (Leeus); Raiders (Leeus) v Vereeniging (Valke); Sasol Secunda (Pumas) v Rustenburg Impala (Leopards) en Welkom Rugby Club (Griffons) v Harlequins (Blou Bulle).

Die Suidelike klubs wat aan die kompetisie gaan deelneem, is: False Bay (WP) v Heidelberg (SWD); College Rovers (Sharks) v Centurion (Blue Bulls – wild card); Progress (OP) v Kimberley (Griekwas); Crusaders (SWD) v Tygerberg (WP); Sishen (Griekwas) v PE Harlequins (OP);  Police (Grens) v Bella Vista (Boland); Saldanha Bay (Boland) v Ncera Leopards (Grens) en Wesbank (Boland – wild card) v Westville Old Boys (Sharks).

 

Back to top button