SportSportSportSport

Bondedag tref DP de Villiers-stadion

Groot skole rugby vind Saterdag op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas.

SASOLBURG. – Die jaarlikse Rugby Bondedag word as die kleedrepetisie vir die Cravenweek beskou. Eerskomende Saterdag (24 Junie) kan rugby geesdriftiges hier op ons voorstoep van die land se beste skolerugby spelers in aksie sien.

Die DP de Villiers-stadion in Sasolburg is die lappie grond waar dié rugbyskouspel hom gaan afspeel. Die Blou Bulle, Luiperds, Sharks, Limpopo Blou Bulle, Sharks Akademie, Leeus, Valke Akademie, Valke se o.18-spanne sal in aksie wees.

Die eerste wedstryde skop reeds om 08:30 wanneer die Valke o.16B en Griffons o.16B-span die dou van die gras afspeel.

Die res van die bepalings vir die Bondedag is: o.18’s: 09:30: Valke Akademie vs Shark Akademie; 10:40: Luiperds vs Limpopo Blou Bulle; 12:00 Bulls vs Sharks; 13:20: Valke vs Leeus.

Back to top button