SportSportSportSport

Duan skop Klerksdorp flenters

As HS Transvalia se sege Saterdag oor Klerksdorp in die Plaat-kompetisie van die SDC Noordvaal Cup enige maatstaf is, kan daar nog heelwat vuurwerk in dié afdeling verwag word.

VANDERBIJLPARK. – Die HS Transvalia se rugbyspanne het Saterdag 6 Mei op sy tuisveld in die Plaat- kompetisie van die SDC Noordvaal Cup skoonskip met sy A-spanne teen die HS Klerskdorp gemaak.

Valia se eerste span het met 43-17 geseëvier danksy ‘n spogvertoning deur sy losskakel Duan du Toit wat 23 punte met sy dodelike skopskoen aangeteken het.

Dit het onder meer vyf strafdoele en vier doelskoppe ingesluit. Die gebore en getoë Vaaldriehoeker Junior van Wyngaardt het sy terugkeer van die HS Monument in Krugersdorp met twee drieë gevier. Hou maar sy oranje skrumpet dop, hy is soos ‘n vierde losvoorspeler op die veld en beslis ‘n vonds vir Valia.

Puntemakers:

Transvalia 43 (27) – Drieë: Junior van Wyngaardt (2), Brandon-Lee Smit (2), Daniel Grobler.

Doelskoppe: Duan du Toit (4). Strafdoele: Du Toit (5). Hoërskool Klerksdorp 17 (11) – Drie: HJ Erasmus. Strafdoele: Leonard Bevan (4).

Ander uitslae: 

o.14A: Transvalia 13, Klerksdorp 12.

o.15A: Transvalia 50, Klerksdorp 5.

o.16A: Transvalia 26 Klerksdorp 17.

Die eerste rugbyspanne van die HS Transvalia en HS Klerksdorp het Saterdag slaags geraak in Vanderbijlpark. Valia het die kragmeting met 43-17 beklink. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

 

 

 

 

 

Back to top button