SportSportSportSport
Spanners draai CBC se skroewe vas
SASOLBURG. – Die eerste rugbyspan van HTS Sasolburg het vroeër vanmiddag op sy tuisveld vir CBC met 61-0 afgeslag. Die tuisspan het puik hardlooprugby gespeel en nege drieë in totaal gedruk en rustyd reeds met 40-0 voorgeloop. Na rustyd het die spanners sy plaasvervangerbank ingespan en sy voet effens van die versneller afgehaal. Die Spanners …
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2023/03/Z3I6048-Large-780x470.jpg)
SASOLBURG. – Die eerste rugbyspan van HTS Sasolburg het vroeër vanmiddag op sy tuisveld vir CBC met 61-0 afgeslag.
Die tuisspan het puik hardlooprugby gespeel en nege drieë in totaal gedruk en rustyd reeds met 40-0 voorgeloop. Na rustyd het die spanners sy plaasvervangerbank ingespan en sy voet effens van die versneller afgehaal.
Die Spanners se Sazi Sipondlo se driekuns aan drieë was iets besonders.
PUNTEMAKERS:
HTS Sasolburg: 61 (40): Drieë: Sazi, Sipondlo (3), Armand Neethling, Ampie Reyneke, Thato Letswaro, Peabo Pienaar, Shaun Shabalala en Kgotso Thumahole. Doelskoppe: Armand Neethling (6), Adriaan Swanepoel en Tebz Motaung.
CBC 0 (0)