AmusingLifestyleLocal newsNews

Die Evas span saam om Sasolburg te verfraai!

Toe die meisies eers geweet het hoe om die trekkertjies te ry, wou hulle nie weer afkim nie!

 

Die manlike inwoners van Van Wouw- en Pierneefstraat in Sasolburg werk elke maand hard om hul gebied skoon en netjies te hou, maar het vroeër die maand besluit om hul vroue dié keer by die skoonmaakwerk te betrek. Min het hulle geweet die vroue gaan dit so geniet om die grassnyertrekkertjies te bestuur dat hulle nie weer wou afklim nie! Na die winterskoonmaak het inwoners lekker saam gebraai om mekaar beter te leer ken. Volgens een van die inwoners, Delma Hobbs, help die betrokke strate se manne nie net om die gebied mooi en netjies te laat lyk nie, maar dit bevorder ook inwoners se veiligheid omdat lang gras en bossies iets van die verlede is. Sy bedank in besonder vir Rudi Herbst, Kevin Dunford en Manie van der Merwe wat die projekte dryf. “Baie dankie, julle is ysters,” sê sy.

 

Een van die vroue wat aan die winterskoonmaak deelgeneem het, word touwys gemaak oor hoe om ‘n grassnyertrekkertjie te bestuur.

 

Nog een van die vroue wat met ‘n breë glimlag en groot geesdrif help werk het tydens die winterskoonmaak in Van Wouw- en Pierneefstraat in Sasolburg.

*****************************************************************************

Back to top button