So wys ons jou muis, jou wolhaarkind, voël of slang … as dit jou troeteldier is kan jy deelneem. Al wat jy moet doen is om ‘n mooi duidelike foto van jou en jou geliefde troeteldier saam te neem.
Hoe ouliker jul saam is, hoe groter die kans om te wen. So doen bietjie moeite en dink buite die boks!
Die kompetisie skop vandag, 9 Februarie af en inskrywings werk so: Stuur die foto, jou en jou troeteldier se naam en van, asook van watter dorp julle is, en jou kontaknommer na elsje.vermeulen@media24.com
Al die inskrywings sal op ons webtuiste verskyn en van die inskrywings wat die oog die meeste vang sal ook weekliks in die koerant verskyn. Die kompetisie sluit eers op 14 Maart, waarna die algehele wenner op 16 Maart in Vaalweekblad aangewys sal word.