AmusingLifestyleNews

Dapper Proffie uit die Vaal vlieg hoog (al klink sy soos ‘n sirene!)

Prof. Heleen wys haar waaghalsige kant...

 

Daar word dikwels gesê syfermense hou van ‘n vervelige, veilige bestaan. Sonder grappies. Maar nie prof. Heleen Janse van Vuuren van Vanderbijlpark nie.
Uitdagings is haar kos! (Al het sy soms ‘n hupstoot nodig om oor ‘n afgrond te ‘vlieg’).
Prof. Heleen, Direkteur van die Skool vir Rekenkundige Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit, se studente ken haar as ‘n statige vrou wat altyd deur ‘n ring getrek kan word. Sy het egter die afgelope Kersvakansie die uitdaging aangepak om die “zip line” oor Oribi Gorge in Kwazulu/Natal aan te durf en gewys dat sy buiten mooi bene ook ‘n genotvolle humorsin het.
Sy sê omstanders het haar agterna gespot dat sy soos ‘n sirene geklink het, maar sy wou net seker maak dat almal heeltyd weet waar sy is terwyl sy tussen hemel en aarde gehang het…
Dié Vanderbijlparkse akademikus het in die afgelope jare reeds naam gemaak met die besonder hoë standaard en goeie uitslae van studente in die Skool vir Rekenkundige Wetenskappe, sowel as met die sukses wat personeel van die Skool behaal het met hulp aan matrikulante in mindergegoede dele van die Vaaldriehoek.

Prof. Heleen Janse van Vuuren
Prof Heleen lees die Leviete voor vir een van die helpers voordat sy die “zip line” by Oribi Gorge aangepak het.

 

Kyk na die video van haar “vlug” oor die afgrond by hierdie skakel:

 

Back to top button