Local newsNewsNews

Besigtiging van Vereeniging Klipkerk én skildery

Die Klipkerk in Vereeniging is pragtig en histories en beslis waardig om as kunswerk geskilder te word. At Botha (bekende akteur en skilder) het 'n pragtige kunswerk geskilder wat binnekort 'n nuwe eienaar gaan kry.

At het goedhartig ingestem om dié pragtige kerk vir die NG Welsyn in Vereeniging te skilder. Die skildery is voltooi en sal binnekort opgeveil word ten bate van die welsyn.

At in samewerking met die welsyn bied op 21 Augustus tussen 10:00 en 12:00 ‘n geleentheid vir besigtiging van die skildery by die Klipkerk (30 Hofmeyerstraat, Vereeniging).

Ingang is slegs ‘n donasie wat aan die NG Klipkerk gaan vir die regmaak van die kerk se dak.

Die besigtiging sluit in, tee/koffie, ‘n toer van die kerkgebou binne, ‘n bietjie geskiedenis oor die kerk, asook die besigtiging van die skildery wat binnekort op veiling verkoop sal word.

Akteur en skilder At Botha.

Check Also
Close
Back to top button