Local newsNationalNewsNews

VF Plus dien klag in by Groen Skerpioene en MRK oor besoedeling in Midvaal

Die VF Plus het gister 'n klag by die Groen Skerpioene en die menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die rioolbesoedeling van die Fouriespruit en ‘n aangrensende plaasdam deur die Rothdene-rioolsuiweringsaanleg in Midvaal.

MEYERTON. – Die party het ook die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou, omgewing en landelike ontwikkeling, Parks Tau, versoek om dringend ondersoek in te stel na die rioolbesoedeling.

 

Dié optrede volg nadat ‘n beesboer in die Meyerton-omgewing 14 van sy Brahmaan-stoetbeeste, wild, vis en volstruise verloor het nadat hulle besoedelde water uit sy plaasdam en die Fouriespruit gedrink het. Die riool vloei verder deur ʼn pyplyn na die Kliprivier.

 

Die onvermoë van die Rothdene-rioolsuiweringsaanleg om onverwerkte riool te verwerk, kan ook lei tot die besoedeling van ondergrondse water.

 

Die Midvaal-munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) is vyf jaar gelede gewaarsku dat dié rioolsuiweringsaanleg sy volle kapasiteit bereik het en weens toenemende ontwikkeling in die gebied nie die inkomende onverwerkte riool langer kan verwerk nie.

 

Die munisipaliteit se poging om pompe in die plaasdam te plaas om riool uit die dam na die Fouriespruit te pomp, is onaanvaarbaar en skep net verdere besoedeling.

 

Die departement van water en sanitasie het in 2015 ‘n kontrakteur aangestel om die aanleg op te gradeer, maar die kontrakteur het in 2017 weg en die werk is onvoltooid agtergelaat.

 

Die Midvaal-munisipaliteit het sy oorsigrol versaak deur nie vroegtydig in te gryp nie. Konstruksiewerk sal na verwagting aanstaande jaar begin om die opgradering af te handel.

 

Volgens die VF Plus kan daar nie tot 2022 gewag word om die probleem te behandel nie en sal druk uitoefen op die Midvaal-munisipaliteit en Tau om dringend op te tree om verdere besoedeling te voorkom.

Die munisipaliteit het as volg gereageer:

Sewage pollution: Midvaal Local Municipality responds

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button