AmusingNationalNews

Kyk kort video van “rivierfontein” – Sasol verduidelik wat aangaan

'n Span kundiges is tans besig om die situasie te bestuur

 

Sasol het gister ‘n verklaring gegee vir die “spuitfontein” wat sedert Vrydag, 2 Julie, in die Vaalrivier sowat 16 kilometer vanaf die Vaaldamwal, opgemerk is. Dit is te wyte aan ‘n lek in ‘n gaspyp van dié nywerheid, waar die pyp onder die Vaalrivier deurloop.

Sasol se verklaring lui:

Ongeveer 12:00 op Vrydagmiddag, 2 Julie 2021 het ‘n lid van die gemeenskap verdagte borrels in die Vaalrivier opgemerk. Sasol is in kennis gestel van hierdie aktiwiteit en het onmiddellik ‘n span spesialiste gestuur om die saak te ondersoek. Na deeglike ondersoek is vasgestel dat dit lyk asof ‘n ondergrondse gaspyp lek en gas vrystel, wat sodoende die borrels in die water veroorsaak. Alle betrokke owerhede is onmiddellik in kennis gestel.

Die span kundiges van Sasol werk sedertdien ywerig om die situasie te bestuur. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die gaspyplekkasie is tans aan die gang, in oorleg met die Departement van Water en Sanitasie.

Daar is tans geen aanduiding van enige skadelike effek op die omgewing en omliggende grondeienaars en stroomaf-gebruikers nie, en daar is tans geen verwagting dat so-iets sal ontstaan ​​nie. Verskeie watermonsters is Vrydag en Saterdag  (2 en 3 Julie) geneem vir laboratoriumontleding, en Sasol hou die situasie dop. Verdere monsters sal in die komende week geneem word vir ontleding om die veiligheid en welstand van die omgewing, diere en ander gebruikers van die rivier te verseker.

Sasol is verbind tot die veiligheid en gesondheid van sy werknemers, die gemeenskap en die omgewing.

Kyk die video van die “fontein” in die Vaalrivier  hier:

https://scanmail.trustwave.com/?c=20371&d=_9vg4IWvN8_–8ShLO260dhEU0a2flej58lhyE4tSA&u=https%3a%2f%2fwww%2eyoutube%2ecom%2fwatch%3fv%3dp2lc4alErWM

 

Back to top button