Local newsNewsNewsBreaking News

‘n Juffrou en twee beskuldigdes verskyn Maandag in die hof na Amy-Leigh ontvoering

VANDERBIJLPARK. - Die ontvoerde Amy-Leigh (6) se boetie se juffrou (27). wat baie goeie vriende is met Angeline de Jager, die moeder van klein Amy-Leigh, en twee ander beskuldigdes sal Maandag 9 September in die hof verskyn.

VANDERBIJLPARK. – Die ontvoerde Amy-Leigh (6) se boetie se juffrou (27). wat baie goeie vriende is met Angeline de Jager, die moeder van klein Amy-Leigh, en twee beskuldigdes sal Maandag 9 September in die hof verskyn.

Die name, wat bekend is aan Vaalweekblad, word weerhou tot die drie beskuldigdes in die hof verskyn het. Intussen het die Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi bevestig dat die juffrou Donderdag amptelik van haar pos as onderwyseres by die Laerskool Kollegepark geskors is.

Al drie die beskuldigdes word steeds aangehou waarvan die 50-jarige man in die selle by Barrage polisie sit en die 40-jarige vrou by Leeuhof gevangenis. Die plek van aanhouding van die juffrou is egter onbekend.

Op sosiale media het ‘n klankgreep versprei waarin die juffrou se pa aan ‘n vriend ‘n boodskap stuur waarin hy sê dat sy dogter die meesterbrein agter die ontvoering is.

Juanita Louw, waarnemende hoof by Laerskool Kollegepark het aan die media gesê dat na die voorval het hulle die sekuriteit by die skool opgeskerp. CCTV kameras word eersdaags by verskeie skole op die dorp geïnstalleer.

Daar was sprake dat ‘n vierde verdagte in hegtenis geneem is wat nog nie bevestig kon word nie. Die polisie het wel bekend gemaak dat daar meer arrestasies verwag kan word en dat daar steed gepoog word om al die skuldiges op te spoor.

Back to top button