Local newsNewsNews

Radiodrama uit eie bodom – luister hier

Spesiaal vir Kersfees. 'n Krismiswonder - radiodrama opgeneem deur Sasolburg-Fontein Gemeente. Die moeite werd om weer en weer te luister.

Die radiodrama is reeds in 2020 opgeneem en is 2021 aanlyn gepubliseer, maar dis die moeite werd om weer te luister.

In 2020 kon die Sasolburg-Fontein gemeente nie hul normale Kerssangdiens of dienste hou nie. Tog, wou hul steeds iets spesiaals doen.

Hulle het op ‘n radiodrama besluit. Gelukkig het hul ‘n ervare radioverhaalskrywer in hul midde, Wikus Vikus.

Hy het na aanleiding van die vliegtuigongeluk wat op 27 Desember 1991 in Swede plaasgevind het, Die Krismiswonder geskryf.

Die radiodrama is deur nege lidmate in die konsistorie een Saterdag opgeneem.

Daarna het Ds. Jopie Steurer die redigering gedoen en al die byklanke bygesit.

In Desember 2020 kon die lidmate daarna luister en die drama is goed ontvang.

In 2021 het dit beter gegaan en die gemeente kon weer hul normale Kerssangdiens hou.

Tog, het die aanvraag om die radioverhaal weer te hoor al hoe groter geword en in Desember 2021 is daar besluit om die produksie bietjie te verwerk en dit op YouTube beskikbaar te stel.

Die besonderse storie kan by https://www.youtube.com/watch?v=IdYqxxJ0VFg geluister word.

 
Back to top button