Hokkiespan maak skoonskip
Die span het geen punte afgestaan tydens die toernooi nie.
Hoërskool Hugenote se o15A-hokkiespan het tydens die vakansie aan die ECHS toernooi in Bloemfontein deelgeneem. Tydens die toernooi het die span aan agt wedstryde deelgeneem waar hulle 43 doele aangeteken het en geen doele afgestaan het nie. Hierdie span het op 2 April Potchefstroom Gimnasium in die finaal die stryd aangesê en met 'n telling van 1-0 as wenners weggestap.