Moet dié fees nie misloop nie

Die fees vind oor drie dae plaas en bied iets vir oud en jonk.

Die publiek moet opskud om toegangskaartjies vir Jan se Skuld fees, wat volgende naweek (16-18 September) plaasvind, aan te skaf.
Die fees word ter viering van die Laerskool Jan van Riebeek se 75ste bestaansjaar op die gronde van die Hoërskool Hugenote aangebied.
Verskeie kunstenaars, onder andere Demi-lee Moore, Irene-Louise van Wyk, Dagdroom, Marius D, West, Mia en Lawrence gaan op die verhoog te sien wees.

Also read: Oppiland Fees lok talle konsertgangers

Daarbenewens sal Mnr en Mej Jannies 2022 ook gekroon word en feesgangers kan uitsien na ’n hele rits ander vermaak wat beplan word.
Daar sal ook verskeie stalletjies wees, speletjies, sport en heerlik eetgoed sal te koop wees. Die verrigtinge sluit Sondag met lofsang af.
Die kosters is R150 per dag of R250 vir die hele naweek.
’n Naweekpas (vir twee volwassenes en twee kinders) is ook beskikbaar teen R480.
Die skakel vir aanlynkaartjies is op die skool se Facebook-blad beskikbaar.

Follow us on our social media platforms:

Exit mobile version