EntertainmentLifestyle

Mathys Roets te sien in tuinkonsert

Mathys Roets het ges dat hy baie uitsien na die tuinkonsert.

Daar is nege jaar gewag vir Mathys Roets se nuutste album en Reën het laat verlede jaar die lig gesien.
Musiekliefhebbers en aanhangers van Mathys Roets kan uitsien na Intiem en Akoesties, ’n unieke konsert wat op 6 Maart by die Presidents Ranch Eco Estate plaasvind.
Daar sal vanaf 6nm gekuier word en elke gas sal ’n glasie Van Loveren-wyn en ’n pakkie Grotman Biltong ontvang.
Gaste is ook welkom om ’n piekniekmandjie en koelboks saam te neem.
Die vertoning begin om 7nm.

Also read: Genotvolle Kersmusiekfees

Mathys het gesê dat hy baie uitsien na die tuinkonsert.
“Dis hoe ons deesdae moet konsert hou en ek moet sê, dis vir my heerlik om akoesties, net met die kitaar en my stem, op te tree.
“Dit gee my weer die geleentheid om net op my talent te konsentreer.
“Hierdie tuinkonserte gee ons ook die geleentheid om persoonlik met ons gehore te meng en te kuier,” het Mathys gesê.
In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie in Reën met diepte en warmte gevul.
Mathys deel sy digterlike versamelstukke van die afgelope paar jare op intieme wyse met die gehoor.

Also read: Musiek en soetigheid by Presidentia

Mathys het oor die afgelope paar jaar ’n variasie van gedigte en musiek versamel. Hy voel nou, na nege jaar, dat die tyd ryp is om dit te deel.
Elke liedjie vul jou met nostalgie en laat jou terugdink aan spesiale oomblikke uit ’n ander lewe.
Weens die nasionale inperkingsregulasies is daar beperkte sitplekke beskikbaar.
Spring dus gou en bespreek jou kaartjies vir Mathys Roets se Intiem en Akoesties aanlyn by www.lefrawinkel.co.za of deur ’n e-pos te stuur aan admin@lefra.com of deur Monica Booysen te skakel by 011 815 3000.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button
X

.