Lefra bied Pieter Smith aan

Pieter Smith sing van Haas Das tot Stukkie van der Merwe in Lefra se Kelderkonsert

Pieter Smith, een van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, se aanhangers kry die geleentheid om hom Sondag, in Lefra se Kelderkonsert te sien.

Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe, word om 5nm uitgesaai en besprekings kan by www.itickets.co.za gedoen word.

In Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe, neem Pieter sy aanhangers op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan.

Almal ken die TV-kenwysies soos Haas Das se Nuuskas, Trompie en die Boksombende, Heidi en vele meer, wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word.

Also read:

Broadway hits on Lefra’s Cellar Concerts

Natuurlik sal hy ook van sy groot treffers hoor soos Op Die Eerste Een en Stukkie Van Der Merwe sing.

Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê om gestand te doen aan die intimiteit van die Lefra Kelderkonserte.

“Die Lefra Kelderkonserte is werklik ‘n besondere projek om dit vir ons kunstenaars moontlik te maak om steeds konsert te kan hou,” sê Pieter.

Saamsing en vermaak uit die boonste rakke is nader aan die waarheid, veral van hierdie Pieter Smith-show in jou eie sitkamer.

Follow us on social media:

Exit mobile version