EntertainmentLifestyle

’n Verwerking van The Curing Room in Afrikaans

Die toneelstuk is ’n Afrikaanse vertaling van The Curing Room deur David Ian Lee.

Frans Swart het die beroemde toneelstuk in Afrikaans vertaal.

Die verhaal vind in 1944 plaas en vertel die ware verhaal van sewe Russiese soldate wie gevangenes van Nazis is in ’n verlate kerk in die suide van Poland tydens die Tweede Wêreld Oorlog.

Hulle is kaal, sonder kos en water en, om te oorleef, neem hulle hul toevlug tot geweld en kannabilisme.

Hierdie donker toneelstuk stel die vraag van hoe versoen ’n mens rang, geloof en waardigheid in sulke omstandighede.

Lees ook:

Brendan shines in Lefra’s production of Buddy

Akteurs David Konrad, Mauritz Badenhorst, Dirk Joubert, Anele Situlweni, Gregg Pettigrew, Nathan Hammond en Zack Mtombeni sal op die verhoog verskyn.

David Ian Lee, die oorspronklikke skrywer, het gesê dat, “Though what befell seven hapless men in the last year of the war will forever remain conjecture – as will, no doubt, the identities of the men themselves – I wrote the play with respect to the memories of all actual soldiers and civilians who fought and died in The Patriotic War”.

Regiseur Frans Swart het besluit om die stuk te vertaal toe hy ’n aanhaling gelees het van Britse Welsynskampvegter Emily Hobhouse tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog.

Hobhouse het gesê die aanhaling, ‘Not until power was given unto men, could it be known what is them’ het nog altyd by haar gespook.Die Rypmaakkamer sal by die John Kani-teater by Die Markteater in Johannesburg vanaf 11 tot 30 Junie opgevoer word.

Vertonings is op Dinsdae tot Saterdae om 8nm en 3nm en op Saterdae en Sondae.

Related Articles

Back to top button